Facebook

    

 

Onthougoed in opgaargoed

Vir Vrouekeur

Deur CHRISTIAAN J. DE SWARDT

 

Waar bêre jy jou opgaargoed met onthouwaarde?

    Oral. Van in ‘n kas in my garage tot in die blikke op my kombuisrak tot in rame teen my mure.

     

    Wat bêre jy alles?

      Enigiets. Van flentertjies papier, optelvere en verlepte veldblommetjies tot ‘n ou kitaar, ou klere wat nie meer pas nie en ou, onbruikbare, ongemengde CD opnames. Ek is ‘n opgaarder per excellence!

       

      Wat is die kosbaarste daarvan – en waarom? Vertel van daardie een ding wat jy nou al jare lank saamtrek, mooi oppas, af en toe uithaal en bewonder en dan lank terug onthou. Waarom? Wie’t dit vir jou wanneer om watter rede gegee? Of hoe het het jy daaraan gekom? Wat was die betekenis toe en wat is die betekenis nou?

        My Ouma se resepte boekie. So ‘n valetjie wat al later, van baie gebruik, begin uitmekaarval het en wat sy met ‘n blou wolletjie weer bymekaargebind het. Ek het dit gekry na haar dood. Al haar gunsteling resepte is daarin in haar eie handskrif en baie daarvan is ook kosbare opgaargoed uit die res van die familie se saameet-skatkis: my ma se karringmelkpoeding, my tannie se melksnysels, my suster se pynappelkoek-resep …

        As ek uit die boekie kosmaak, hou ek iets in my hande wat herinner aan ‘n wonderlike tyd. Ruik ek bykans weer Ouma se kombuis en voel ek die wonderlike geborgenheid en warmte van haar en Oupa se liefde. Dit is een van die grootste skatte wat ek besit!

         

        Wanneer gaan jy besluit om te begin uitgooi?

          Nooit!!

           

          Die kuns van kalmwees

          Vir Lééf – met hart en siel, 2008

          Deur Annalise Wiid

           

          Dit is nou nie juis die soort ding wat jy in jou gebede aanvra nie: Etlike minute voor ek moet lughawe toe, buk ek om gou die vullis uit te sit en daar gaan my rug! Oombliklik is my lyf vol pyn en spasma. Ek kan nie regop nie, ook nie vorentoe of agtertoe nie. Paniek tref my met die slaankrag van ‘n stormwind! Wat nou? Skuifel telefoon toe en bel die dokter. Nee, bel my ma!

          Al twee kom. Die dokter om my in te spuit. Ma om my lughawe toe te vat. Albei sê: “Moenie vlieg nie.” Ek sê: “Ek móét. Ek is op pad Newcastle toe vir ‘n gemeente kamp en daarna moet ek nog ‘n week in Pretoria wees vir opnames. Ek kan nie nou kanselleer nie. Nie so op die nippertjie nie. Te veel mense se tyd en beplanning sal in die slag bly. Nee, nou moet ek maar net tandekners en deurdruk …” >>

          Lees verder...

          Die wiele het begin rol …

          Vir Finesse

          Deur Annalise Wiid

           

          Die wiele het begin rol die verjaardag toe my ma vir my die koffiemakertjie present gegee het wat ek nou nog elke dag gebruik en my pelle my diep in die nag met kerslig kom serenade het… Toe ek ordentlik wakker gesing was, het hulle my huis ingebars met groot vrolikheid en voorraad. Ons het eers sjampanje gedrink en toe deur baie koffie en koek gekuier. In die klein uurtjies van die oggend het ek uiteindelik teruggeklim in my bed, die gordyne oopgetrek sodat ek die sterre kon sien, en my dagboek op my opgetrekte knieë gebalanseer om die lekker nagkuier vir later se onthou neer te skryf. Onder aan die relaas van daardie aand staan hierdie wiel-rol-verjaardaggebed aangeteken: “Vader, ek vra drie dinge asseblief: Dat U my geloof sal laat groei. Dat ek U beter mag ken. En dat U volmaakte wil in my lewe sal gebeur. En ek sê solank dankie!”

          Nee, ek is nou verkeerd. Die wiele het nie tóé begin rol nie. Hulle het toe net nuwe momentum gekry. Hulle was immers lankal aan die rol. Ek het met so ‘n wonderlike bewustheid van God se bestaan en liefde grootgeword, dat dit vir my maklik was om hier rondom agtjarige ouderdom myself vrymoedig vir Hom te gee. En ek het rustig deur my kinderjare saam met Hom geleef, tot ek gaan kuns swot het na skool en my geloofswiele deur ‘n rits aardskuddende ervarings bietjie ontspoor het. Ek het eers twee, drie jaar na ek klaar geswot het begin besef dat ek God mis. Daai tyd werk ek in Worcester as grafiese kunstenaar, waar ‘n indrukwekkende jongman op ‘n dag by my kantoor instap en my knieë laat knak. Nie oor sy mooi uiterlike nie, snaaks genoeg, maar oor sy innerlike wat iets van Jesus s’n weerspieël het. Hy het my hart weer hemelwaarts laat draai…

          Lees verder...

          My Salvation Story

          Vir TODAY

          Deur Annalise Wiid

           

          When I was small, I used to think that God was part of our family. Like a great-great grandfather or somebody, who went to heaven long before anyone else – long before I was even born. The way my Mom talked about Him made me think so. Not like He was a stranger, but like she knew Him personally.

          I would admire a ladybird and Mom would say: “Yes, isn’t that pretty? God made it for little girls to enjoy.” Or if I would deliberately step on an insect: “Hey Jesus made that! Don’t just stomp on it.” It made Him feel very real and very near. And most times quite likable.

          When I was eight our Sunday School teacher told us the story of the feeding of the five thousand from John chapter 6. She put special emphasis on the fact that the five small barley loaves and the two small fish was a little boy’s lunch. (By the way, it’s only John who mentions this.) With my vivid imagination and my storyteller’s mind, I pictured the scene: The boy being slightly lost in the enormous crowd…

          All he could probably see were knees, knees, and knees – of thousands of grownup men all around him. And all of a sudden a man comes to him and asks for his lunch. The boy wanted to know why. “Because all of these men are hungry and Jesus wants to feed them,” the man ( his name was Andrew) replied. The boy must have thought he was crazy! What good would his little lunch be? There were way too many people!

          Lees verder...

          Bekendes se Tienpuntplan om die wêreld te red!

          Nuwejaars-artikel vir Vrouekeur

          Onder redaksie van CHRISTIAAN J DE SWARDT

           

          • Verban die hele wêreld se Mugabe’s, Hitler’s, Bush’e en dergelike elemente na ‘n onherbergsame Goorania waar hulle mekaar kan gas gee.
          • Laat verdwyn elke persoon wat enigsins iets met die maak of verkoop van dwelms te doen het (en hulle vloekgoed!) oornag.
          • Behandel kinders reeds van konsepsie af as volwaardige mense.
          • Luister om te verstaan – nie net te hoor of te “humor” nie.
          • Koester respek vir seks. Nee, meer nog! Vir die persoon wie se lyf en lewe jy deel.
          • Verwonder jou daagliks. Aan die natuur, jouself, jou naaste, God…
          • Die oomblik wanneer jy van iets sê: Dis nie reg nie! Doen iets daaraan om dit te verander of te verbeter.
          • Sien die waarde in armes en geringes, behandel hulle menswaardig en onderstreep sodoende hulle Godwaardigheid.
          • Leef vanuit waardes eerder as reëls.
          • As jy vertrek, los iets agter wat kan groei…

           

          As die wêreld ‘n “mens” was, wat meen jy sou sy/ haar
           
          Nuwejaarswens wees
          Ek wens dat my kinders in 2006 nie so baie op my (en met my) sal mors nie. 
           
          en Nuwejaarsvoorneme wees?
          Ek sal aanhou gee en goed wees, ten spyte van my kinders se morsigheid!