Facebook

    

 

My CV

 

Annalise Wiid is ‘n Kapenaar gebore en getoë.

  • Sy studeer Grafiese Kuns na skool –  ‘n kursus wat haar later baie baat, want sy ontwerp self haar CD-omslae en illustreer haar eie boeke.
    • Na ‘n jaar se studie aan ‘n Bybelskool in Engeland (Torchbearers, Capernwray Hall) in die vroeë 80’s, los sy egter grafiese ontwerp as beroep en begin voltyds sing en skryf.
          Sedert 1993 produseer sy ses solo CD’s: Kaalvoet, Naglied, Ons, Blou Kitaar (dubbel album), Nkosi Is Hier en Nog (versamelaars dubbel album) en, in samewerking met die ATKV, ‘n DVD/CD kombinasie getiteld Lig uit Lig/Sterre in ons Oë – almal met haar eie musiek en meesal haar eie lirieke ook.
          • Grootnaam-musikante soos Jannie du Toit, Christa Steyn, Matthys Maree, Johan Heystek, Mauritz Lotz, Denis Lalouette en Susan Mouton werk saam met haar aan die produksies.
            • Sy doen ook drie verhoogproduksies saam met Helena Conradie, wat ook op CD vrygestel word: Makie Mooigoed Staan (Boerneef gedigte), Ek Word Tintelend Wakker (gedigte van Sheila Cussons) en Doepa! (George Weideman gedigte).
              • Sy skryf 4 “eie” boeke: Abjater is ‘n Kuierkat, Dis Weer Daai Kat!, My Eie Wysie (Carpe Diem) en Skewe Snytjies Brood (Lux Verbi). En is medeskrywer van 18 ander boeke, gepubliseer deur Carpe Diem Uitgewers.
                  • Internasionaal het Annalise al opgetree in: die VSA, Brittanje, Noord-Ierland, Duitsland, Nederland, Bosnië, Kroasië, Indië, Taiwan, Namibië en Zimbabwe.
                    • Benewens haar werk as sanger, liedjieskrywer, skrywer en rubriekskrywer, tree sy landwyd op as geleentheidspreker en bied sy ook kampe en seminare aan, met die temas:
                      1. Die Geur van Christus
                      2. Wat Maak Jy Hier?  (oor roeping n.a.v Elia se verhaal)
                      3. Fantasties, Ons is Familie  (oor verhoudings)
                      4. Skoonheid, Skande en Sela  (uit Ester)
                      5. Op Sy Kop  (oor aktueel kerkwees)
                      6. Kyk Mooi  (jy is jy vir 'n tyd soos hierdie)
                      7. Klein Klippie Ver Gooi  (oor Dawid)
                      8. Gebed
                      9. Kom nader aan God se hart (oor liefde)
                      10. U dek vir my ’n Tafel   (oor goedheid en guns)
                      11. Tent-opslaan en God-gesprekke   (oor menswees en heelwees n.a.v Josua se verhaal)
                      12. Toewyding en Troos
                       
                      • Sy dien van 2008 tot 2011 as direksielid van Bybel-Media sowel as lid van die Taakspan vir Kerklike Media van die Algemene Sinode van die NG Kerk. Sy het ook gedien op die Algemene Sinode se Taakspan vir Kommunikasie.
                      • In 2017 ontvang sy die Andrew Murray-FAK-Toekenning vir die bevordering van Christelike Musiek - sien bylae.
                      Annalise Wiid
                      Posbus 5688, Helderberg 7135
                      Tel: 021 852 2095
                      Sel: 082 456 3396
                      E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.