Artikels

Lig uit Lig

Lig uit Lig / Sterre in ons Oë 2008 DVD/CD-kombinasie DVD/CD AS(WL) 08

Hierdie DVD en CD is ‘n ervaring wat jy soos ‘n nagmaal sal kan deel.

Kersfees en Paasfees: Christus se geboorte, Sy sterwe en Sy opstanding – dit is die hart van ons christelike geloof.

Met die DVD, Lig uit Lig, vier ons Jesus se uitsonderlike lewe en sterwe en Lewe!

Die CD, Sterre in ons Oë, sing oor die wonder dat God om ons onthalwe mens kom word!

Dit ontroer my geweldig om Lig uit Lig te speel. Toe ek die teks geskryf het, het ek probeer om myself in die dissipel Johannes se skoene te sit:

'n Ouer man; in die tronk omdat hy glo; eensaam - met net sy gedagtes en herinneringe ...

Ek laat hom toe 'n brief skryf aan Maria. 'n Brief waarin hy terugkyk op wat was en vorentoe kyk na wat kom ..., vleg van my liedere wat pas tussendeur, en vind, tot my verstomming, dat ek ook in Maria se skoene gaan staan, en in Petrus s'n, en in elke mens s'n wat sukkel met sy eie strompelings deur die lewe, wat verlang na 'n kind wat ver of dood is, en wat nie weet of hy môre sal kan hanteer nie, omdat gister te swaar op hom lê ...

En, ek vind in Jesus se mensword, sterwe en opstanding, troos vir ons broosheid en hoop vir ons leegtes ...

Saam met my op die verhoog is: Matthys Maree, Mauritz Lotz en Susan Mouton – wonderlike, sensitiewe musikante!

DVD: Lig uit Lig - 8 hoofstukke toneel met bypassende liedere

  1. Maria
  2. Immanuel (snit)
  3. die engele sing
  4. het jy geweet?
  5. John’s song
  6. die Woord en Immanuel
  7. drie maal
  8. genade

bonussnitte:

  1. kaalvoet
  2. ek hou van jou
  3. nkosi

CD: Sterre in ons Oë

  1.   dans, dans, dans
  2.   Maria
  3.   wiegloflied
  4.   heilige Nag
  5.   herders op die ope velde
  6.   wie is die Kind?
  7.   die Here is hier
  8.   sing halleluja - komponis: Francé Ludik
  9.   die engele sing
  10. het jy geweet
  11. Immanuel
  12. elke jaar
  13. dit maak my bly (o, Heer, my God)
  14. stille nag