Artikels

Kyk haar oë

Kyk haar oë 2013             CD AS(WL) 10

 

Dit het my getref terwyl ek kyk na Edouard Manet se skilderye:
Hulle oë. Die mense in sy portretstudies – hulle oë
Hulle gryp jou aan die hand en trek jou, onweerstaanbaar,
na binne. In die siel van die karakter in.

 

Hulle oë. Kyk, hulle oë sê alles! Al sê hulle niks.

 

En net daar ontstaan die titel van my nuwe album:
Elke lied op hierdie album is ‘n klank-portret. 15 songs
en elkeen skilder iemand se storie, iemand se gesig.
En elke karakter se oë spieël ‘n bekende emosionele ervaring:
verknogtheid, ontnugtering, desperaatheid, koestering,
onskuld, drome, vervulling, vryheid, verlies, troos, lyding,
is so veelseggend. So fassinerend.
Kyk Haar Oë! Want tóé besef ek:
verlange, vertroue en hoop …

 

15 liedjie-skilderye.

Woord-portrette in wysie-rame.

Jou ore sal hulle duidelik sien.

Jou hart sal hulle verstaan.


  1.   Afrika
  2.   Mantsopa
  3.   Sy Lag
  4.   Kom Haal My
  5.   By Jou Is Dit Anders
  6.   Sprokie
  7.   Kyk Hoe Dans Sy
  8.   Pianis
  9.   Saam
  10. Funeral Blues
  11. Doepa Vir Die Droefte
  12. Ouma Sue
  13. As Alles Stil Word
  14. Dis Of Die Blomme
  15. One More