Facebook

    

 

My Pêlle

Helderberg NG Gemeente Somerset-Wes

My behoortgemeente in Somerset-Wes

 

Jannie du Toit se gastehuiswerf

Na my mening loshande die beste blyplek in die ganse Gauteng!

 

Capernwray UK

Gaan kyk bietjie daar: Die asemrowendste plek vir ‘n Bybelskool – met skitterende teaching!

 

Lig

Ek skryf elke maand ‘n rubriek vir die tydskrif LIG – oor ons reis deur die lewe – oor insiggewende oomblikke en kleurryke kronkelpaadjies wat ons soms in ons spore laat vassteek en soms ons harte laat dans …

 

Lééf – met hart en siel

Ek doen gewoonlik elke jaar in Mei ‘n naweek-retraite saam met die tydskrif Lééf – met hart en siel; en by uitsondering skryf ek op uitnodiging vir hulle ‘n artikel.

 

NG Kerk

‘n Groot deel van my werk gebeur in NG Gemeentes. Vir hierdie kerk is ek lief; oor haar mense-met-opregte harte is ek opgewonde; oor haar onmisbare bydrae tot menigtes se welsyn is ek innig dankbaar-trots; haar soeke (en struggle) om relevansie in ons snel veranderende samelewing maak my soms moedeloos, soms kwaad, soms bly, soms moeg; en haar waarde voor God – die liefde waarmee Hy haar koester – slaan my voete onder my uit!!!