Facebook

    

 

Kyk! NOG!!

kyk as jy kan!! :-)

NOG is hier! en my hart gloei onophoudelik!
reply sommer op hierdie epos as jy wil bestel. SPESIAAL vir my briefbende wat gereeld hierdie skryfseltjie kry: R 120 – pos en pak ingesluit (dubbel CD, 26 snitte + 2 bonus CD Rom-dvd’s) – net tot einde junie 2010. noem dit maar ‘n sokker special as jy wil :-)

saterdag sit ek in die vodashop in somerset-wes. dis woelig. onrustig. in die winkel sowel as buite in die straat. naweekgekheid. geskarrel en gejaag. lewe op beserkte loop. >>

Lees verder...

Vuurspoeg

Eyjafjallajökull. ‘n Mens spreek dit glo so uit: [ˈeiːjafjatlajœːkʏtl̥], Afhangende van jou stemtoon kan dit klink soos vreeslik vloek! Letterlik vertaal beteken dit: Eilandberggletser. Of so iets. Genadetog! Dat so ‘n tongknoper so onverwags soveel vuur kan spoeg en daarmee die weste se lugverkeer vir dae lank feitlik tot stilstand bring en die ganse webwêreld laat sidder onder die blogs, slaan my stom. En dan kom dié vuur nog onder die oppervlak koue van soveel ys uit! Tonne der miljoene tonne onskuldige wit ys – en ónder dit so ‘n verwoede vulkaan! Wys jou net weer: Moet niks en niemand, selfs nie eens ‘n eilandberg, op sy baadjie takseer nie. >>

Lees verder...

Tussen die lyne

‘n Onderwyser het eendag vir haar leerders gevra om al die kinders in die klas se name op twee velle papier te skryf, met ‘n oop spasie tussen elke naam. Toe daag sy hulle uit om te dink aan die mooiste ding wat hulle oor elke mede-leerder kan sê en om dit in die spasies tussen die lyne neer te skryf …

Dié gedagte (uit een van die menigte om-die-wêreld-gesirkuleerde eposse wat in my inbox beland) vang gister nie net my oog nie, maar my hart. En dit los my nie weer nie. Ek bly dink oor die manier waarop mense hulle waardering vir mekaar uitspreek. Soms so beskimmeld en beskroomd, so “tussen die lyne” dat jy dit moet aflei uit lyftaal of ‘n vlugtige kyk-in-die-oë. Soms gekodeer in ‘n klein, byna onbeduidende daadjie of ‘n terloopsgeplukte blommetjie. Klein tekens van ek-sien-jou-raak en jy’s-vir-my-belangrik – dikwels bietjie verdoesel en ingeprop in die skrapse spasies tussen verhoudingsverdringende alledaagse dinge. >>

Lees verder...

Sien jou ...

Dit is kort voor middrnag 2010. Ons wag die twaalf klokslae wat die nuwe jaar gaan inlui met sjampanje in die hand af. Praat oor die jaar wat agter ons rug lê …

Verbeel jou … 350 dae van nou af … Wat sal ons sê? Sal ons nog opgewonde praat oor die sokker en oor hoe goed dit was? Sal ons dit betreur dat dit toe after all nie so great was soos almal vooraf gehoop het nie? Of sal die sokker teen dan al so vaag geword het in ons geheue dat ons hoegenaamd niks meer daaroor sê nie – eerder oor ander, meer lewensindringende goed praat: soos die mense wat ons deur die jaar gesien het, en die impak wat ons ontmoetings met mekaar op ons gehad het … >>

Lees verder...

Kersfees in jou skoot

Ek draai jou toe in doeke
Ek sus jou lyfie in my arms
Ek soen jou sagte voetjies
En hoor hoe die hemel sing …

Woorde van ‘n wiegelied wat enige ma, oorstelp van blydskap oor die voorreg van haar eie babatjie, sou kon sing. Intieme woorde. Ek sing dit voor ‘n gehoor van honderde. Die atmosfeer is nie naastenby so intiem soos ‘n babakamer of ‘n ma se bed nie. En tog: In die tweede ry van voor sit ‘n vrou met ‘n slapende baba in haar arms – rustig sussend. Ek kyk op terwyl ek die lied sing, vas in haar emosieswanger oë. Hulle is so vol teerheid; so oorloopvol liefde vir die kindjie teen haar bors. Ek kry my oë nie van dié Moeder-en-Kind beeld weggeskeur nie – bly na hulle kyk terwyl ek verder sing. Die res van die gehoor word die agtergrond vir die lieflike klein toneel, soos die herders en engele van destyds: >>

Lees verder...