Facebook

    

 

Prys-Lys

Wat n wonderlike naweek(17-19 Oktober) het ons as vrouens van Pierre van Ryneveld nie saam jou beleef nie. Eerstens wil ek vir jou dankie se vir die geur wat jy in my lewe agter gelaat het. Nie net was dit leersaam nie maar het dit 'n saadjie in my geplant as ook n behoefte om 'n bybelskool by te woon om my kennis van die bybel te verbreed. Mag jy net net seen op jou pad vorentoe beleef.
 
Date of Posting: 21 October 2014
Posted By: Maryna
As ma gun 'n mens maar min genadetyd vir jouself. Tog het ek Saterdagoggend, 25 Januarie, die Vrou Wat Glo-oggend te Barnyard bygewoon. Whow, wat 'n vervullende, bederf-oggend was dit nie. Annalise, baie duisende dankies vir jou inspirerende bydrae tot 'n puik geleentheid. Is die lied wat jy gesing het (ek het haar nooit sien loop nie, maar sy het gedans, dans, dans....), al op CD beskikbaar om te koop...ek mis dit vir niks. Met elke storie en deur jou lied kon ek 'n prentjie vorm en deel wees asof ek self dit beleef het. Net die mooiste wense vir jou.
 
Date of Posting: 27 January 2014
Posted By: Hermariè
Weereens baie dankie vir die vermaak Saterdagoggend by ons Vrouedag tee, die mense kan nie uitgepraat raak oor jou werk nie. Mag jou reise vorentoe mildelik geseënd wees vol eksotiese bestemmings en avonture en ons nog baie die voorreg kry om jou te sien optree. Geniet Zimbabwe , en mag daar iewers 'n huisboot trip in jou toekoms wees.
 
Date of Posting: 26 August 2013
Posted By: Monique Dippenaar
Ek het gister jou liedjie 'Vroue wat Glo' oor die radio geluister. Amazing! Is dit op die rakke?
 
Date of Posting: 10 May 2013
Posted By: Henna Naude
Wil eers vir jou baie dankie se vir Saterdagoggend! Dis was vreeslik leersaam en ons het dit baie geniet!

Dis net amazing hoe jy die vroue aan ons omskryf/beskryf het na aanleiding van jou navorsing, dan besef ek net weer opnuut, ‘n mens het hulp nodig om die Woord vir jou oop te breek, want in normale “Bybel lees” sal jy nooit al hierdie karaktertrekke van hierdie vroue kon raaklees nie!

Ek hoop werklik ons paaie kruis weer, jy’s net so ‘n warm, wonderlike mens en die vrug van die Gees straal en leef jy uit! Soos een van die dames gese het, sy sal jou graag as vriendin wil he! Ek voel baie geseend dat ek jou kon ontmoet. Ek kom nogal gereeld in Somerset-Wes,....dalk kan ons die beloofde koffie gaan drink!

Mooi dag en Gods rykste seen op jou werk!
 
Date of Posting: 23 April 2013
Posted By: Marina
Intussen geniet ek so stukkie vir stukkie jou Driveway Divatjie. Dis regtig iets besonders, van die mooie voorwoord oor Valentine tot by die papier! 'n Lekker bederf.
 
Date of Posting: 27 March 2013
Posted By: Marieta
Annalise! Die A staan ook vir Amazing! Ek wens ons het 'n Afrikaanse woord gehad vir amazing.... dit sê so alles. Al van ver af dink ek oor die woord, van Amazing Grace af, en al waarby ek kon uitkom was VERBASENDE genade. Dat Iemand my so lief kon hê...
En oor jou en jou website...verbasing...en tog ook nie, want jy is ongelooflik kreatief. Dankie dat jy dit met ons deel en dat jy my lewe verryk met jou liedjies, stories, boeke en sommer net met jou JY-wees. Amazing!!!
 
Date of Posting: 19 April 2012
Posted By: Rykie van der Merwe
Geluk met jou webblad Annalise!
Die Homepage is besonder treffend ...
Seën toegebid op jou bediening.
 
Date of Posting: 31 January 2012
Posted By: Pietie le Roux
Liewe Annalise,
Ek wil net dankie sê!!!!
Vanoggend se gesprek op Radiokansel met Esté Geldenhuys het vir my so baie beteken.
Ek stem saam met Neels Jackson wat sê, jy het n wonderlike stem wat teerheid, pyn, vreugde en wroeging kan oordra. Dit spreek tot my siel en gees.
Ek hou daarvan, as iets vir my mooi is, om te sê dit is “huil mooi”
Baie dankie.
Baie liefde en seën
 
Date of Posting: 12 June 2011
Posted By: Hanlie Prinsloo
Goeiemiddag Annalise
Dit is Sondagmiddag en ek blaai deur “Lig” en besef dat nou die regte tyd
is om met jou te gesels. Ek het jou artikel “Sandgebede” baie geniet,
maar met die verskriklikste heimweë!!!!!!
Daardie oom waaroor jy skryf, ek is oortuig dit is my pa …
Miskien sien jy hom weer een oggend langs die see draf, knoop tog met hom ‘n geselsie aan (hy hou vreeslik daarvan om met mooi vrouens te gesels! en vind ‘n skatkis vol heerlikhede en humor !) -- en stuur asb vir hom liefde en groete en ‘n lekker drukkie!
Gautengse groete
 
Date of Posting: 21 April 2011
Posted By: Magdel Moolman

<< Start Previous 1 2 3 4 5 Next Last >>

Page 1 of 5


Submit A Testimonial
Please login to submit your testimonial.