Facebook

    

 

Prys-Lys

Hi Annalise,
Ek het my CD gekry en dis beautiful. My favourite so ver is "A new song."
Baie dankie vir stunning musiek en lirieke.
Groete
 
Date of Posting: 28 March 2011
Posted By: Renate
Liewe Annalise,
Ek sit al 2 dae lank en wonder hoe ek vir jou kan vertel wat die naweek vir my beteken het. Soos Liewe Heksie sê, 'ek is nie goed met woorde nie'. Daar is net 'n groot dankie vir die manier wat jy ons saamgeneem het op die reis saam met Jesus. Ek wonder nog die heeltyd hoekom voel jy so vreeslik bekend en tog ken ek jou nie. Al slotsom waartoe ek kom is dat jy dit wat in my hart lê in woorde kom bevestig en Jesus se liefde en genade so amper tasbaar na ons toe bring. Jy het 'n gawe om woorde lewendig te maak en vlerke te gee. Daar is weer 'n verdieping in my stilte tyd waarmee ek die laaste tyd baie gesukkel het. Dankie.
Baie seën vir jou bediening verder, mag ons Vader jou toemaak in sy liefde. Sien jou volgende jaar weer as dit die Here se wil is.
Liefde.
 
Date of Posting: 16 February 2011
Posted By: Mathilda Muller
Liewe Annalise
Dis nou al ‘n rukkie nadat jy die week hier by ons in Vryheid spandeer het, maar jy is nog steeds elke dag in ons gedagtes en harte.
Ons wil graag vir jou baie dankie sê vir die week wat jy saam met ons en Suid-Oos gemeente spandeer het. Ons is so dankbaar teenoor ons Vader dat Hy jou op ons pad gestuur het. Hy het jou gebruik om so duidelik vir ons te kom wys hoe groot Sy genade en liefde vir ons is. Daar is nog steeds hier ‘n dankbaarheid en welwillendheid onder almal wat deel was van daardie week.
Mag God jou oneindig baie seën! Jy is kosbaar vir ons.
Liefde
(Namens Vryheid Klipkerk en Suid-Oos)
 
Date of Posting: 23 November 2010
Posted By: Ferdinand van Niekerk
Hi Annalise,
Wou jou al so baie keer ge-mail het. Jou boek skewe snytjies brood wat een van die beste boeke wat ek nog gelees het. Jy het ‘n groot hart van goud.
Die Vader seen jou!
Best Regards
 
Date of Posting: 29 October 2010
Posted By: Juanita Mc Carthy
Liewe Annalise (ek weet nooit of dit Anna- of Anne- is nie)
Ek luister na julle op Kruis en Dwars. Dankie, dankie vir die warm maar nugter liefde waarmee jy die mense van ons land seën en bedien, deur die wysheid en die liefde van jou woorde en jou songs.
Sjalom.
 
Date of Posting: 01 September 2010
Posted By: Estelle Steenkamp
Hallo Annalise,
Ek hoop jy het gisteraand se boodskappie gekry. Indien nie, ek het aan jou gedink en aan die betekenisvolle bruggie wat jy toe besig was om oor te steek. Baie geluk ook weer, en baie sterkte en seën in die toekoms. Mag die pyne minder word en die genade meer.
Gedagtig aan die mylpaal kan ek nie anders nie as om maar weer vir die Here dankie te sê vir jou, en vir alles wat jy deur die jare vir my en derduisende ander mense beteken het en steeds beteken. Dat jou insigte en gawes danksy die geskrewe en gesingde (gesonge is dalk argaïes) woord ook nog vir ‘n nageslag behoue gaan bly is ‘n onberekenbare bonus.
Vertrou dit was regtig ‘n mooi dag,
Baie liefde
 
Date of Posting: 21 August 2010
Posted By: Jannie
Liewe Annalise
Dankie vir jou heerlike nuusbriewe wat ek kry. Hou my asb op jou lys! Ek het nog nooit geantwoord nie – wetende dat jy oorval word deur mense. En dan bly daar nie tyd of geestesenergie oor om nog persoonlike briewe aan elkeen te skryf nie. Dit besef ek maar alte goed.
Ek wil graag vir jou sê dat ek dikwels biddend aan jou dink. Ek glo dat jy ‘n besondere roeping van die Here ontvang het en ek pleit by Hom vir genoeg geestelike krag en fisiese uithouvermoë om jou program te kan volhou.
Weet maar net dat ek aan jou dink – en ook dat jou Tulbagh-retreat salwend was. ‘n Tot rus kom tussen baie gewoel.
Baie dankie!
Mooiste wense en liefdegroete
 
Date of Posting: 27 July 2010
Posted By: Lizette
Annalise
Dis met opwinding wat ek die tydskrif " Lig" gister op die winkelrakke ontdek het. Vir my, nuut, splinternuut, maar ek mag dalk net ver agter wees. Kom mos nie deur die jaar in die winkels nie.
Ek het jou storie besonderlik geniet. Waarskynlik oor ek net onlangs in my eie gedagtes gewonder het wat maak die lewe spesiaal, wat maak mense spesiaal. Nie in die sin van hogere, heilige, ideale nie, om in goue hemelse strate rond te dwaal nie, maar sommer net hier tussen ons - waar die
tekkie die teer slaan, waar die wind op die see waai, sommer net hier waar ons met bakstene bou.
Dis presies daai engele - wat so onbepland in jou lewe in/ uitstap , wie se raamwerk so anders lyk as ons s'n - wat ons oë oopmaak, wat ons die hoed laat lig - letterlik langs die lewenspad - soos Leonard Cohen se "songs from the road" - vir diesulkes.
Sulke talente is slegs heenwysings na die Genade wat elkeen op eie maat ontvang het van Bo !!
Mag ons eer daaraanlaat geskied.
Groete
 
Date of Posting: 04 June 2010
Posted By: Marguerite Wahl
Dankie dat jy aan LIG besondere waarde gee.
 
Date of Posting: 27 May 2010
Posted By: Adri-Louise van Renen
Liewe Annalise
Dit is nou net mooi twee jaar dat ek die voorreg gehad het om jou so deur die epos te ontmoet. Lekker saam met jou gelag, gehuil en soms met verwondering jou kuns van woordespel gelees waar jy ou vergete dinge van tye wat verby is weer kom nuut en eg maak. Dankie vriendin, sonder om jou te ontmoet het jy met jou mensegtheid my lewe verryk!
 
Date of Posting: 29 March 2010
Posted By: Linda

<< Start Previous 1 2 3 4 5 Next Last >>

Page 2 of 5


Submit A Testimonial
Please login to submit your testimonial.