Facebook

    

 

Prys-Lys

Dis goed dat jy klanke maak wat die Gees se sugte en smekinge verstaanbaar in Afrikaans verwoord. Dit roer baie hartsnare tot aanbidding en is helend vir baie vraendes en soekendes en verwondes in ons tyd... En heel waarskynlik vertel ek vorentoe van Annalise Wiid se Nkosi lied wat vir die 2004 sinode van die Here gegee is en wat oral vir mense 'n aanbiddingslied, 'n smeeklied, ja 'n rede vir lof geword het.
Moet sê jou musiek is in ‘n klas van sy eie. Jou musiek het net soveel diepte - ryk en anders. So moeg vir die tradisionele siembamba Afrikaanse musiek. Doen so voort – jy is ‘n aanwins vir Suid Afrika – ‘n ambassadeur vir die wat nie altyd raakgesien of geag word in die samelewing. Bly so nederig en moet tog nooit “konvensioneel” raak nie.
 
Date of Posting: 09 January 2009
Posted By: Sandra
Dit was ‘n absolute wonderlike voorreg om hier te wees. Skoorvoet probeer nader kom aan God se hart ... het verander in ‘n kinderlike, roekelose. Spring op God se skoot!
 
Date of Posting: 27 November 2008
Posted By: Petra
Sooo ongelooflik, sooo suiwerend, sooo awesome!!
 
Date of Posting: 22 November 2008
Posted By: Judy vd Berg
Ag; ek is net VOL dankbaarheid dat ek die geleentheid gehad het om stil te word sodat my liggaam, gees en siel gevoed kon word. Die Here het geweet ek het dit juis op hierdie tyd nodig gehad en dit het my verwagting definitief oortref. Dankie vir die deernis en spesiale manier waarop die naweek beplan is en BAIE DANKIE vir die heerlike bederf.
 
Date of Posting: 21 November 2008
Posted By: Salome Coertze
Sagte, opbouende, stimulerende gedagtes en idees in my gees ingevoeg. Baie dankie, dit was HELEND, GENOTVOL en WOW!!!
 
Date of Posting: 17 November 2008
Posted By: Kieka vd Riet
Waarlik, ek kon my siel tot bedaring bring en stilmaak – sodat God my hart kon raak. Ek is verkwik! Dankie! Dit was ‘n heerlike, tot-ruste-kom ervaring.
 
Date of Posting: 27 October 2008
Posted By: Ebie Stapelberg
Soos ‘n oase in ‘n dorre woestyn was hierdie naweek…en te gou moes ek dit verlaat om weer die woestyn in te gaan. Maar die keer gelawe, verfris en vertsterk. En so kyk ek weer met nuwe oë na die woestyn en is daar weer ‘n huppel in my stap! Soli Deo Gloria!
 
Date of Posting: 08 October 2008
Posted By: Annamarie vd Merwe
Aan al my verwagtings voldoen. Ek is nie geestelik gebombardeer nie, maar is geestelik tog so verryk! Dit was goed vir my – al die stil tyd met God.
 
Date of Posting: 12 September 2008
Posted By: Hanli Odendaal
Wat ‘n stunning reis was die naweek nie opsigself nie, genoeg tyd vir stilwees, en uitbundig kuier. Vol klein “plafonkat’’ verassings en geskenkies. Annalise self was ‘n groot “treat” van die “re-treat”. Was lekker om weer te besef dat dit okay is om net te wees, God se liefde oorskry mos alle pretensies. Dat God self wil hê ons moet net wees, Hy doen die res. Die reis deur Jesus se laaste dae voor die kruisiging uit Johannes se oogpunt was besonders, mens kon dit saam lééf. Ek het met ‘n verfriste rustigheid die naweek weggestap, lig, soos wat net God kan nuutmaak. Skoongewas met Liefde. Positief,opnuut reg vir die lewe.
 
Date of Posting: 11 September 2008
Posted By: Andri Kruger
Ek wil baie dankie se vir Leef wat dit vir ons moontlik gemaak het om hierdie wonderlike belewenis te kon hê. Dit was vir my absoluut sielsverrykend, en so nodig in die gejaagde en baie keer ongenadige lewe waarin ons elke dag in woel en worstel. Ek voel vandag of niks my sal onderkry nie want ek besef weer hoe lief God ook vir my het met al die letsels en minder mooi wat ek ook maar is. Annalise het werklik ‘n gawe wat min haar kan nadoen. Dit was vir my ‘n lafenis in elke opsig. My ou Moeder voel ook dieselfde en het my gisteraand gesê dat as die Liewe Vader haar spaar sy dit volgende jaar weer baie graag sal wil bywoon.
 
Date of Posting: 27 May 2008
Posted By: Elmarie Venter

<< Start Previous 1 2 3 4 5 Next Last >>

Page 4 of 5


Submit A Testimonial
Please login to submit your testimonial.