Prys-Lys

Hoop dit gaan goed met al jou warrelwind trippies !
Ek wil jou net gou DANKIE sê vir jou pragtige geselsies die week saans vroeg op RSG.
Om te bewys hoe ons dit geniet : my man staan op voor die tv nuus om na die radio te gaan sodra hy hoor dit begin. En dan roep hy my om ook te kom luister.
Jy bring die boodskappie regtig op so 'n mooi suiwer eenvoudige manier. Regte pitkos vir die pad.
Die Here seën jou om nog lank en baie vir ons sulke pitkos te bring.
Liefde

Date of Posting: 26 February 2010
Posted By: Franza de Kock
Posted By: Franza de Kock


Date of Posting: 20 November 2009
Posted By: Helein
Posted By: Helein


Date of Posting: 21 August 2009
Posted By: Ds Jan Momsen, Rondebosch
Posted By: Ds Jan Momsen, Rondebosch


Date of Posting: 06 July 2009
Posted By: Mona Fourie, Sedgefield
Posted By: Mona Fourie, Sedgefield

Nou luister ek en geniet jou en jou pragtige sang en boodskappe weer van voor af. Jy het eenkeer hier op Stellenbosch kom kuier by ons bybelstudiegroepie - dis toe dat ek die eerste keer jou liedjies gehoor het. Ek het gedink ek gaan daardie CD van jou stukkend luister. Maar dit leef nog! So, ek wil net sê BAIE dankie vir alles wat jy steeds doen. Sterkte met jou werk en mag jy steeds so geïnspireer word om te skryf en te sing. Dit beteken vir ons mense met musikale ore maar sonder sangsstem, oneindig baie om op so 'n manier nader aan God te kan beweeg!
Want jou musiek is beslis in die hemel gemaak en toe deur die engeltjies aarde toe gedra ...
Baie liefde.

Date of Posting: 11 May 2009
Posted By: Nina van Niekerk
Posted By: Nina van Niekerk

Nee, ek is nie 'n "bewonderaar" nie. Ek hou nie van die manier en die term nie. Maar my waardering is enorm. En waarskynlik meer blywend as die meeste "bewonderaars" se smaak.
'n Ompad van woorde om dankie te sê. Uitspreek van 'n stukkie hoop dat dankie die binne-vlam in jou kan help brandend hou. Ook 'n poging om jou te oortuig dat jy 'n instrument is, dat jy nie moet twyfel oor wie se lig uit die sentrum van jou hart straal nie.

Date of Posting: 27 April 2009
Posted By: Wilma Snyman
Posted By: Wilma Snyman

Ek wil net vir jou baie dankie se vir jou kuiertjie by ons gemeente. Dit was vir my en my man Anton 'n wonderlike ondervinding wat in ons altwee se lewens beroeringe veroorsaak het. Ek het ontdek dat ek besig is om so 'n harde mens te word wat so maklik dinge wat my kan ontstel net uit my lewe verban. Dankie dat jy weer 'n traan in my droë oë gebring het en 'n sagtheid in my hart.
Sterkte met jou taak!!!!!!!

Date of Posting: 12 April 2009
Posted By: Mimi Swart, Klerksdorp Oos
Posted By: Mimi Swart, Klerksdorp Oos

Ek sal die bietjie salf wat jy aan my rou hart gesmeer het in die moederkerk in die Stand nooit vergeet nie. Dankie
Mag jy voortdurend oomblikke beleef dat iemand jou wonde salf soos jy deur die Heer se genade ander se wonde salf. Jammer dat daar wonde moet wees. Dis die lewe!
Groetnis

Date of Posting: 11 March 2009
Posted By: Chris
Posted By: Chris

Die diep borrel-vreugde het uit my maag gekielie en ‘n onstuitbare “ Jaaaoooo” oor my lippe gekrul met die bekendmaking van die Lier toekenning vir Nkosi. Nkosi was ‘n lewende trefkrag van die eerste dag wat die CD se warm omslag en gesellige bewegende kraletjies die ritme van die inhoud verklap het… Wel gedaan, my vriendin. Ek glo dat dit nie altyd maklik gaan nie, maar mag sulke monumente jou laat bly opkyk na die Ewige lig .. en emmers vol moed skep vir die groot uitdagings wat nog voorlê. Dankie dat jy ons so seën met die mooi van jou musiek en stem…
Liefde

Date of Posting: 20 February 2009
Posted By: Guilma
Posted By: Guilma


Date of Posting: 21 January 2009
Posted By: Liesl van Rensburg
Posted By: Liesl van Rensburg
Submit A Testimonial
Please login to submit your testimonial. |